Slaan oor na die inhoud
LMPhotography
Lize-Mari saam met haar gesin

Hallo, ek is Lize-Mari.

Ek neem swangerskaps-, gesins-, geleentheids- en troufoto’s in Pretoria en omgewing.

Ek is getroud en ’n ma, so ek weet hoe ’n gewone dag in ’n huis met kinders lyk. My geloof is vir my die belangrikste: ek is ’n Bybelgelowige Christen, en dit bepaal hoe ek na mense en die wêreld kyk.

Ek hou van foto’s wat eg is. Ek sê vir julle waar om te staan, maar die beste foto’s kom tussenin, wanneer julle lag en met mekaar gesels. Ons werk buite in die laatmiddaglig, of sommer by julle huis.

Ek woon in Pretoria en werk ook in die omliggende areas.

Hoe ek werk

  • 01

    Ontspanne sessies

    Jy hoef nie te weet hoe om voor ’n kamera op te tree nie. Ek help jou deur die hele sessie.

  • 02

    Eenvoudige bewerking

    Geen swaar filters of modegiere nie, sodat die foto’s oor twintig jaar nog goed lyk.

  • 03

    Persoonlike diens

    Van die eerste boodskap tot die laaste foto werk jy net met my.

Lize-Mari met haar kamera in die berge

Vertel my wat jy beplan.

Stuur ’n navraag